Die Reuk van Appels

This event has no more tickets available.

-
Theatre
-

Akteur – Gideon Lombard
Regisseur – Lara Bye
Teks – Gegrond op die roman van Mark Behr, verwerk deur Johann Smith
Klankontwerp – Gideon Lombard
Beligtingsontwerp – Kosie Smit
Vervaardig deur – Theatrerocket (Johan van der Merwe en Rudi Sadler)

Die lewe is snaaks, mooi, kosbaar, onverstaanbaar en vreeslik. Dit is die somer van 1973. Apartheid floreer te midde van toenemende kritiek vanuit internasionale gemeenskappe teenoor Suid-Afrika. Boonop broei daar onrus op die Angolese grens. Elfjarige Marnus en sy beste vriend, Frikkie, is salig onbewus van die sake wat die grootmense kwel. Hulle stel meer belang in visvang en walvisse en aanvaar die verdeling van landsburgers volgens velkleur as ‘n gegewe.

Marnus lei ‘n oënskynlik eenvoudige en gelukkige lewe: sy pa is ‘n generaal-majoor in die Suid-Afrikaanse Weermag en sy ken is heeltemal vierkantig; sy ma is baie musikaal en vir hom die mooiste vrou in die wêreld; sy ouer en meer liberale suster is slim, al irriteer sy hom soms; en hul kleurlinghuishulp, Doreen, gaan eendag hemel toe omdat sy nie suiker steel nie. Tog word hy blootgestel aan die kompleksiteit van internasionale politiek as ‘n generaal van Chile vir ‘n tyd by sy gesin kom kuier.

Weldra word Marnus gekonfronteer met vrae oor menswees en manwees, oor wat reg en verkeerd is. ’n Skokkende ontdekking breek deur die oppervlakte van sy alledaagse bestaan om alles onherroeplik te verander. Vanaf daardie beslissende oomblik sal die reuk van appels bly kleef aan alles wat Marnus raak.

Die reuk van appels is gegrond op Mark Behr se veelbekroonde en opspraakwekkende roman. Dit lê die Afrikaner-psige van die sewentigs op ‘n merkwaardige en getroue wyse bloot deur die oë van ‘n kind. Die roman is genomineer vir die internasionale Man Booker-prys, het verskeie plaaslike en internasionale toekennings ontvang en word beskryf as ’n baken in die Afrikaanse letterkunde.

Gideon Lombard (The view, The graveyard, miskien…) maak met hierdie produksie sy solo-debuut, ‘n rol wat hom by KKNK 2017 ‘n Kanna-toekenning as Beste Akteur besorg het. Lara Bye (London Road, Yellowman, Oscar en die Pienk Tannie) is verantwoordelik vir die regie.

“Behr skep ’n liriese en onvergeetlike kinderverteller en ’n verhaal wat Amerikaanse lesers insig gee waarom soveel jong Suid-Afrikaners saam begin afbreek het aan die strukture waaraan hulle voorouers ’n leeftyd lank gebou het.” – Tony Eprile , New York Times

Die reuk van appels was die belangrikste stelling oor die intieme verhouding tussen manlikheid en politieke verandering voor JM Coetzee se Disgrace ons bekend gestel het aan ‘n nuwe, depressiewe, verslane vorm van manlikheid.” – Mia Swart, Mail & Guardian

 

One Comment

  1. theproven July 7, 2017 at 5:44 pm

    I thought long and hard about this comment. I liked all of it apart from the one makabre bit. That bit is so bad that it gets a thumbs down from me. The acting is outstanding, but that part of the script lets him down. 2 out of 10

Leave A Comment